Tot Sy eer.
Search

Gebakte Kool Gereg

Kap halwe kool grofweg en kook in bietjie soutwater tot net bros.  Dreineer goed en gooi in diep, gesmeerde, oondbak.  Braai 1 groot gekapte ui in olie en skep bo-oor kool. Sny 2 groot aartappels in blokkies en mikrogolf tot net gaar en sprinkel bo-oor uie.  Braai in uie-pan 1 pakkie bacon stukkies en skep ook bo-oor.  Meng liggies met ‘n vurk. Maak 1 pakkie “Potato Bake” aan soos aanwysings op pakkie. Gooi bo-oor. Sprinkel gerasoerde kaas bo-oor en bak by 180 gr C vir 30 minute.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos