Gebakte Kopkool met Bacon

Kerf 1 middelslag kopkool en kook in soutwater tot sag. Dreineer baie goed. Braai 1 pakkie gekapte bacon en skep op kombuispapier.  Oond 180 gr C. Meng kool, bacon, 250 ml wit broodkrummels, 250 ml gerasperde kaas, 4 geklitste eiers, 125 ml melk en sout en peper na smaak. Skep in gesmeerde oondbak en bak tot goudbruin.  Bedien warm.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos