Gebakte Lemoenpoeding

Oond 180 gr C.      Klits 3 eierwitte en 1/4 k suiker tot dik en blink-wit.  Hou eenkant.   Klits saam:  3/4 k suiker, 3 eiergele en 1 E volrond sagte botter.  Roer 1/4 k bruismeel, 1/4 t sout, 1/2 k lemoensap, 1 E fyn gerasperde lemoenskil en 3/4 k melk by. Vou eierwit by deegmengsel.  Skep in ongesmeerde oondbak.  Plaas bak in groter bak met kookwater in… omtrent so ‘n kwart van bak, met deeg in,  se boom af.  Bak vir 45 minute tot gaar.   Bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos