Gebakte Lemoenpoeding

Oond 180 gr C.  Maak stroop: Kook saam: 1 k lemoensap, knippie sout, 1 k water,  1k suiker en fyn gerasperde skil van 1 lemoen. Roer 1 t lemoen essens by. Gooi versigtig in ‘n diep oondbak.      Maak Beslag: Klits saam; 1 k suiker, 1 eier, 125 gr sagte botter, voeg dan 2 k bruismeel, halwe t sout om die beurt met 1 k lemoensap by.  Roer deur en skep in warm stroop. Bak 40 min tot gaar. Bedien met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos