Gebakte Mayonaise en Chutney Hoender

Oond 180 gr C.    Pak 8-10 hoenderboude en dye in ‘n oondbak en geur liggies met sout.  Meng in aparte bak: 1 pakkie bruin uiesoppoeier met 250 ml warm water. Roer daarby ‘n halwe k mayonaise, kwart k chutney, kwart k soet chilliesous en kwart k tamatiesous. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos