Gebakte Noedelgereg

Oond 180 gr C.    Braai 1 groot gekapte ui en 1 groen gekapte soetrissie.  Voeg  500 gr maalvleis by en braai goed deur.  Voeg 1 k rou pasta by, 1 blikkie tamatiesop en 1 blik roommielies [sweetcorn]  Roer alles deur en skep in diep oondbak.  Maak witsous van 2k melk, 2 E margarine en 2 plat E meel. sout en peper. Roer 1 k gerasperde kaas by warm sous.   Skep witsous oor noedelgereg. Sny tamaties in skyfies en sprinkel sout oor en nog gerasperde kaas. Bak vir 60 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos