Gebakte Pampoenskywe

Oond 180 gr C.   Sny 2 kg pampoen, met skil en al, in skywe.  Pak in oondpan.  Meng vlg: 25 ml olyfolie, 30 ml gesmelte botter, 1 t sout, 2 E heuning en 1 E suurlemoensap. Gooi bo-oor pampoen. Vryf elke skyf goed met mengsel.  Bak 50-60 minute tot sag. Sprinkel bruinsuiker en fyn kaneel bo-oor en bak verder vir 10 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos