Gebakte pynappel poeding

Oond 180 gr C.    Klits 100 gr sagte margarine, 312 ml suiker, 2 eiers en 5 ml vanilla essens goed saam. Roer 1 blik [440 gr] fyn pynappel, sous en al by. Voeg 375 ml bruismeel, knippie sout, gesif, by. Roer dan 60 ml klapper by. Skep deeg in gesmeerde diep oondbak en bak vir 40-45 minute tot gaar.  Maak sous terwyl poeding bak.   Voeg alle bestandele saam in kasstrol: 2 E margarine, 125 ml suiker 1 k room, 1/2 k melk, 5 ml vanilla essens en knippie sout. Roer oor medium hitte tot suiker opgelos is en prut 3 minute. Gooi oor gaar poeding . Bedien met vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos