Gebakte Sjokolade Poeding

Oond 180 gr C.    Klits 50 gr botter, 200 ml suiker en 1 eier saam. Sif saam: 1 k bruismeel, halwe t bakpoeier, kwart t sout en 25 ml kakaopoeier. Roer om beurt met 175 ml melk by eier mengsel. Skep in diep oond bak.  Gooi vlg sous bo-oor. Sous: 250 ml kokende water, 250 ml bruinsuiker, knippie sout, 1 t vanilla geursel en 25 ml kakaopoeier. Roer deur en gooi versigtig bo-oor deeg. Bak vir 30-40 minute tot gaar. Eet met roomys of dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos