Gebottelde Aartappelslaai

Kook 4 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny, net tot gaar, nie te sag. Skep 2 bottels mayonaise, 750 ml elk, in ‘n groot kastrol, voeg 1 blik kondensmelk en 3 groot gekapte uie by. [ek gooi kookwater oor die gekapte ui en laat staan so vir 5 minute en dreineer uie voor ek dit byvoeg] Verhit, moenie kook nie, voeg nou gedreineerde aartappelblokkies by. Geur met speserye van jou keuse, bv. aromat, sout na smaak. Roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels. Draai toe en hou in koel plek. Bly goed vir 2 maande. Net voor jy dit bedien, sny agurkies by.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos