Tot Sy eer.
Search

Gebraaide Uieringe

Sny 2 groot uie in dik ringe en maak los van mekaar. Maak vlg beslag aan: Meng saam 1 k bruismeel, halwe t sout, 1 t paprika en 1 klein blikkie sodawater. Plaas in yskas vir 30 minute. Gooi halwe koppie bruismeel in plastieksakkie en skud uieringe daarin, skud af en plaas in beslag. Lig uit met vurk en bak in mediun warm, diep olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Geniet saam met gebakte vis en aartappelskyfies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos