Geen knie Volkoringbrood. [foto geleen]

Oond 180 gr C.

Voeg in mengbak: 5 k volkoring of Nuttywheat meel, 2 k koekmeel, 1 t sout, 1 pakkie gitsgis, 1 E bruinsuiker, 1 E kookolie, 600 ml louwarm water en 2 E sade, as verkies.   Roer deur tot stywe deeg. Skep in gesmeerde broodpan en laat rys tot pan vol is. Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar. Keer uit en eet met botter.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos