Gemarineerde Hoenderboudjies

Oond 180 gr C.   Plaas 12 hoenderboudjies in glas oondbak. Sprinkel liggies met hoenderspesserye   Meng volgende vir sous: 500 ml mangosap, 180 ml blatjang, 1 E sonneblomolie, 1 E worcestersous, 1 E heuning of gouestroop, 1 E tamatiesous 1/2 t fyn komyn en 1 t sout. Meng deur en gooi oor boudjies.   Laat vir 2 ure staan.  Plaas in oond en bak tot gaar en mooi bruin.  Draai boujies na 30 minute om.   Bedien met baie rys en groente

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos