Gemengde Sadebrood

In mengbak; 4 k Nuttywheat meel,1 k koekmeel, 2 E ligte bruinsuiker, 2 t sout, 1 pakkie kitsgis, 1 k gerolde koring, 1 k gemengde sade [sonneblom, lynsaad, papawer,pampoen] 1 k sultanas. Meng 1 L louwarm water en 100 ml kookolie, voeg by droë bestandele en meng goed, as te droog, voeg nog lou water by. Deeg is slap. Skep in 2 gesmeerde broodpannetjies. Bedek met plastiek sakkie en brooddoekie. Skakel oond op 200 gr C. Laat deeg op stoof rys by loute. As oondliggie afslaan, sal deeg genoeg gerys wees. Plaas in oond en bak 1 uur tot gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos