Gemmer Poeding.

Oond 180 gr C. In Kastrol: 2 k kookwater, halwe k bruin suiker en 1 t fyn gemmer, knippie sout. Kook vir 3 minute en gooi versigtig in diep oondbak. Klits saam:  125 gr sagte margarine, 1 E hoogvol appelkooskonfyt, 2 t asyn, driekwart k suiker en kwart t sout. Los ‘n halwe t koeksoda op in driekwart k melk, Sif saam: 1 k bruismeel en halwe t fyn gemmer. Roer om beurt met melk by nat mengsel. Skep versigtig in warm stroop en bak vir 30 minute tot gaar. Bedien met vla. Vir groter tert, verdubbel bestandele.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos