Gemmer Souskluitjies Poeding

Kook vlg saam in diep kastrol vir stroop:  2 warm water, 1 en 1/2 k suiker, 1/4 t sout en 1 t, gelykvol fyn gemmer.

Deeg: Meng alles saam in mengbak: 1 k Bruismeel, 1/2 t koeksoda, 1/2 t sout, 2 E stroop/heuning,1/2 k melk, 1 E [hoogvol] sagte margarine en 3 t asyn.
Draai plaat op laagste temperatuur.
Skep lepelsvol deeg in kokende stroop. Sit deksel op en laat vir 20 minute saggies kook. As jy die deksel in kooktyd oplig, sal die kluitjies toeslaan.
Eet met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos