Gemmer Stroop Koek

Oond 180 gr C.    In kastrol: smelt 250 gr botter en twee derdes k gouestroop. Haal af van stoof sodra gesmelt. Sif in mengbak: 1 k koekmeel, 1 k bruismeel,  2 t gemmerpoeier en kwart t sout. Klits 2 groot eiers en roer by afgekoelde stroopmengsel. Roer 1 t koeksoda in 190 ml room en roer nat bestandele by droë bestandele, roer 2 t asyn by. Roer 2 E gekapte, ingelegde gemmerstukkies by.  Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan en bak vir 40-50 minute tot gaar. Koel af en sprinkel versiersuiker oor as bedien word. Jy kan beslag ook in broodpan bak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos