Gemmer Tert.

Maak kors van gemmerkoekies, rol fyn en maak klam met gesmelte botter. Druk onder-in tertbak. Maak vulsel: Kook 2 k water, 1 k goue stroop, 1 E gemmerpoeier, 3 hoogvol t vlapoeier en kwart t sout. Roer aanhoudend, met draadklitser, tot verdik. Gooi oor koekie kors en verkoel in yskas. Bedien met geklopte room. Jy kan gekapte neute ook oorsprinkel voor opdien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos