Gemmerbrood

Oond 180 gr C.  Sif 2 k koekmeel, 2 t fyn gemmer, 1 t gemengde speserye, 1 t kaneel, 1 t koeksoda en kwart t sout.  Meng  saam: 120 gr botter, halwe k stroop, halwe k bruinsuiker en halwe k kookwater, roer tot suiker opgelos is en roer dan 1 geklitste eier by. Roer nat bestandele by droê bestandele, Skep in gevoerde, gesmeerde pannetjie. Bak vir 40-50 minute tot gaar. Laat 5 minute afkoel in pan en keer dan uit op draadrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos