Tot Sy eer.
Search

Gemmerkoek met versiersel

In kastol op stoof:  125 ml gouestroop en 250 ml melk, verhit en hou eenkant. Room saam: 220 ml sagte botter, 250 ml bruinsuiker, 3 groot eiers. Roer afgekoelde melk en stroop by. Roer ook 2 t asyn by. Sif saam: 750 ml bruismeel, 3 ml sout, 5 ml koeksoda, 5 ml fyn kaneel en 10 ml fyn gemmer. Vou meelmengsel in eiermengsel en skep in 2 gevoerde, gesmeerde panne. Bak by 160 gr C vir 50 minute tot gaar.  Keer uit en koel af. Versier met vlg versiersel: Klits saam: 50 ml sagte botter, 500 ml versiersuiker, 5 ml koffiekorrels, opgelos in 25 ml warm water en 25 ml melk. Klits tot romerig en smeer tussen en bo-op koek

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos