Geroomde Knoffel-Blomkoolsop

Oor lae hitte in kastrol, laat 2 gekapte knoffelhuisies en 4 spriet uie in 2 E botter sweet tot sag. Voeg 400 gr grof gekapte blomkool huisies by, speserye na smaak en sit deksel op en laat sweet vir nog 5 minute. Voeg dan 500 ml warm melk by en laat saggies kook tot kool gaar is. Haal van hitte en maak fyn met “stick blender”. As te dik, roer nog melk by.. Bedien met blokkies roosterbrood. Sprinkel pietersielie oor.   Jy kan ook die melk vervang met hoender aftreksel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos