Geroosterde Varkrib

Plaas 2 kg varkribbes, in stukkies gesaag, in ‘n groot kastrol. Bedek met water en voeg 3 E sojasous by.  Kook vir 15 minute op sagte medium-hitte.  Haal af van plaat en laat 15 minute staan.  Maak marinade:  Plaas 1/2 k sjerrie en 1/2 k bruinsuiker in kastrolletjie, kook liggies vir 5 minute. Haal van hitte af en voeg by: 1 t gerasperde gemmer, 2 gekapte knoffelhuisies, 1/2 k tamatiesous en 1/2 k sojasous.    Haal ribbes uit groot kastrol en plaas in glasbak. Gooi marinade oor en bedek met kleefplastiek.   Laat vir 1 uur staan in yskas.   Draai oond op 200 gr C. Haal ribbes uit marinade en plaas op draadrakkie bo-op oondbak. Rooster 40-50 minute tot gaar en bruin.  Bedruip af en toe met marinade.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos