Tot Sy eer.
Search

Gesonde Sade Broodjie

Oond 180 gr C. Voeg bymekaar in mengbak; 375 ml koekmeel, 3 t bakpoeier, halwe t sout, 125 ml bruin suiker, 125 ml klapper, 125 ml rou oats, 1 k semels, 125 ml pampoenpitte en halwe k sultanas. Klits saam: 2 groot eiers en 350 ml karringmelk, gewone melk is ook reg. Meng by droƫ bestandele en skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak vir 45-50 minute tot gaar. Eet met botter. Gemengde sade kan bo-oor rou deeg gestrooi word voor jy dit bak.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos