Goedkoop Biefgereg

Oond 180 gr C.

Kook 1 pakkie pastra, macaroni of skroefies of skulpies gaar in sout water en dreineer.
Skep pasta in diep oondbak.
Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte greenpepper effens sag in bietjie olie en roer by pasta.
Sny blikkie boeliebief oop en sny in klein blokkies en roer ook in pasta.
Klits 3 eiers en 1 k melk en sout en peper na smaak.
Roer by pasta in. Sny dun skyfies tamatie en pak bo-op gevolg met 1 k gerasperde kaas.
Bak tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos