Goue Gemmerkoek

Oond: 160 gr C.    Sif saam: 375 ml koekmeel, 3 ml bakpoeier, 5 ml koeksoda, 1 ml sout, 8 ml fyn gemmer, 3 ml fyn kaneel, 3 ml fyn gemengde speserye  [piment].   Klits saam ; 1 groot eier en 125 ml melk.  Roer by droë bestandele.  Smelt saam: 60 ml margarine en 125 ml goustroop. Voeg by vorige mengsel en klop liggies tot gemeng. Roer 1/4 k gekapte ingemaakte gemmerstukkies by [opsioneel]  Skep in gevoede, gesmeerde koekpan. Bak 45 minute tot gaar.  Laat staan vir paar minute in pan. Keer uit op draadrak en koel heeltemal af. Versiersel;  Smelt 60 gr margarine, 60 ml bruinsuiker, voeg 375 ml versiersuiker, 5 ml karamelgeursel en 20 ml melk by. Klitsa deur en smeer oor koek as jy so verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos