Tot Sy eer.
Search

Grenadella-en-sjokolade-Koekstruif [foto geleen]

1 sponskoek of ‘n paar klein rolkoeke, 1 blik (380g) gekookte kondensmelk, 12 ryp grendellas se pulp, 1 l (4 k) Griekse jogurt, 4 (32 g elk) Flake-sjokolade-stafies,gekrummel.

Sny die sponskoek of klein rolkoeke in skeywe of stukke en pak die helfte daarvan in ‘n groot,diep glasbak. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die koek, gevolg deur van die grenadella-pulp. Skep die helfte van diejogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-op die jogurt. Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadella-pulp. Laat staan ‘n uur of oornag in die yskas.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos