Grenadilla Koek

Verhit oond 180 gr C.    Klits saam in mengbak: 125 gr sagte margarine, 1 en kwart k suiker, 3 groot eiers en halwe t lemoen essens. Sif saam: 2 k koekmeel, halwe k mielieblom, 4 t bakpoeier en kwart t sout. Roer om beurt met halwe k water by eiermengsel. Roer 1 blikkie grenadillamoes by. Deel deeg tussen 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30 minute tot gaar. Koel effe af in panne en keer uit om heeltemal af te koel.    Versiersel: Klits saam: 100 gr sagte margarine, 1 en halwe k versiersuiker, knippie sout en bietjie warm water.  Voeg laaste blikkie grenadillamoes by en klits goed deur. As te slap, voeg nog bietjie versiersuiker by.  Smeer tussen lae en bo-oor koek.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos