Tot Sy eer.
Search

Grenadilla Yskastert

Maak kors van 1 pak fyngerolde Tenniskoekies, gemeng met 4 E gesmelte botter. Druk vas onder-in diep tertbak. Gooi in kastrol; 2 k melk, 150 ml suiker en knippie sout. Bring tot kookpunt. Meng 70 ml vlapoeier met bietjie water en voeg by melk, roer aanhoudend tot dik. Koel effe af en klits 2 eierwite styf en vou in by pap, roer halwe blikkie grenadillamoes by en skep in kors. Maak ander helfte blikkie grenadilla moes dikker met bietjie vla, opgelos in water, in kastrolletjie op stoof, koel af en gooi bo-oor tert. Hou in yskas tot bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos