Tot Sy eer.

Groenvye-konfyt [heel ingelê]

Spoel 50 groen vye af in skoon water.  Sny ‘n kruisie onder-in elke vy en bedek dit met water met 2 E sout in.   Laat dit oornag staan.   Volgende oggend; Spoel vye af in skoon water. Kook genoeg water in kastrol en plaas vye in. Kook tot ‘n tandestokkie maklik deur vy se skil steek.  Skep vye uit en laat dreineer in vergiettes.  Kook stroop:  In konfytkastrol: 10 k suiker, 5 k water en 1/2 t sout en 1/2 t fyn gemmer. Plaas vye in stroop en kook vinnig tot vye deurtrek is met stroop en stroop dik is.  Skep vye in gesteriliseerde bottels en vul op met stroop. Draai deksels op.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos