Grondbone Koekies

Oond: 180 gr C. Room saam: 125 gr sagte botter, 1k ligbruin suiker en 3 E heuning. Klits 1 eier en 1t vanilla geursel by. Sif 375 ml bruismeel, kwart t koeksoda en kwart t sout saam. Roer by botter mengsel en roer ook 125 ml fyner gekapte, ongesoute grondbone by. Rol deeg in balletjies en plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat. Druk effe platter en bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gaar. Koel af op afkoel rakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos