Grondboontjie-botter Koek

Oond 180 gr C.  Klits 1 k grondboontjie-botter met ‘n halwe k sagte botter, 2 k ligte bruin suiker en 3 eiers. Sif 2 en halwe k bruismeel en kwart t sout saam. Meng 1 en kwart k melk met 1 t koeksoda, 2 t vanilla essens. Meng droeë bestandele om beurt met melkmengsel by eiermengsel, roer 2 t asyn in beslag.  Skep in gevoerde, gesmeerde oondpan, of 2 ronde panne. Bak vir 30-35 minute tot gaar. Koel af. Maak volg versiersel en smeer bo-oor of tussen twee lae en bo-oor.  Smelt 2 E heuning en halwe k growwe peunutbotter, haal van stoof en roer 2 k versiersuiker, 2 t vanilla essens en 4-5 E melk by. As te slap, roer nog versiersel by. Sprinkel met gekapte neute as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos