Growwe Groente Piekels

Plaas volgende in groot kastrol: 5 wortels, geskil en growwe ringe, 4 selderystingels, grof gesny, 20 piekeluitjies, 2 groen appels, in blokkies, 4 k blomkool blommetjies, halwe k sultanas, 3 gekneusde knoffelhuisies, 4 lourierblare, 600 ml wit asyn, 1 en halwe k suiker, 1 t sout, 2 t swart peperkorrels.  Verhit tot suiker opgelos is. Roer stadig sonder om mengsel te laat kook. Verhoog hitte en laat stadig prut tot groente sag is. Omtrent 1 uur lank. Plaas groente in gesteriliseerde bottels en gooi sous oor. Verseel sodra afgekoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos