Ham en Kaas Frittata

Braai ‘n bossie sprietuie, in stukkies geknip, in bietjie botter, roer 1 k gekapte hamstukkies by. Voeg dan gekapte spinasie of bevrore ertjies by en roer goed deur.. Klits 6 eiers met sout en peper in aparte bak en gooi oor die bestandele in pan. Stel plaat baie laag en roer eiermengsel deur, lig die kante van pan dat eier kan onder in loop. Skakel oondrooster aan en sprinkel gerasperde cheddar en mozorella kaas bo-oor. Plaas onder oondrooster to goudbruin en gaar. Laat effe afkoel en sny in skywe. Bedien met slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos