Ham Macaroni en Kaas

Oond 180 gr C.  Meng vlg bestandele saam;  500 ml gaar macorini stukkies of skulpies, 4 geklitste eiergele, 375 ml gerasperde cheddar kaas, 1 k melk of room, 1 t sout, halwe t mosterdpoeier, 175 ml hamstukkies, of bacon stukkies en halwe k sagte broodkrummels. Klits 4 eierwitte styf en vou by macaroni mengsel in. Skep in diep glas oondbak en sprinkel 1 E gerasperde parmesaankaas bo-oor. Bak vir 25 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos