Tot Sy eer.
Search

Hawaii Vleisbroodjie

Plaas volgende bestandele in mengbak: 500 gr maalvleis, 1 klein gekapte ui, halwe k broodkrummels, 2 t kerriepoeier, 1 en halwe t sout, halwe k gekapte appel, 1 fyn gekapte piesang, 2 E blatjang, 2 E sultanas, 2 E klapper 1 eier en halwe k melk. Meng liggies deur en plaas in gesmeerde oondpannetjie. Bak vir 1 uur by 180 gr C.  Haal uit oond en giet vlg mengsel bo-oor.  Meng: 3 E tamatiesous, 1 E bruinsuiker, 1 E blatjang en halwe t kerriepoeier. Plaas weer terug in oond vir 15 minute. Bedien met gebakte aartappels en slaaie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos