Heel Lamskenkels

Meng saam : 2 t olyfolie, 4 t balsamiekasyn en 1 t droee roosmaryn. Smeer 4 heel lamskenkel daarmee en sit in glasbak, maak toe met kleefplastiek en laat oornag in yskas. Verbruin skenkels in olie tot goudbruin. Voeg marinade by en 10-15 heel klein uitjies, 10 heel knoffelhuisies, 1 blik gekapte tamaties, sout en peper na smaak, ook ‘n paar stukke aartappels. Sit deksel op kastrol en prut saggies- Kyk af en toe in kastril en voeg kookwater by indien te droog- vleis moet van been afval. Bedien op rys met pampoenkoekies en ertjies

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos