Tot Sy eer.
Search

Heerlike Appel broodrolletjies

450g broodmeel

50g hawermout

1 El bruin suiker

1 tl sout

2tl gemengde spesery

2 El melkpoeier

1 El kitsgis (pakkie)

50 ml sonneblomolie

200 ml louwarm appelsap

1 appel geskil, ontkern en in klein blokkies gesny

Heuning

Heerlike Appel Broodrolletjies

Meng die droë bestanddele en voeg dan die olie en die applesap by

Knie vir 10 min tot elasties en glad

Verdeel die deeg in 12 en vorm balletjies of rol die deeg in ‘n reghoek van 30cm by 20cm. Rol op van die lang kant af en sny dan in 12 wiele. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat

Laat rys tot dubbel in grootte

Verhit oond tot 190°C

Bak vir 20min tot gaar

Bedruip warm rolle met heuning

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos