Tot Sy eer.

Heerlike Gebakte Lemoenpoeding

Oond 180 gr C.   Klits saam: 125 ml suiker, 65 ml sagte margarine,1 eier en 1 t lemoengeursel. Roer 1 t koeksoda by 125 ml melk. Sif by eiermengsel: 1 k bruismeel en 3 ml sout en roer goed deur. Voeg melk by. Roer 1 E appelkooskonfyt en 2 t asyn by deegmengsel.  Sous: 500 ml warm water, 250 ml suiker, 250 ml lemoensap, 25 ml botter en knippie sout, Kook sous deur en gooi versigtig in diep oondbak. Skep deeg in sous en bak vir 40-45 minute tot gaar. Bedien met dun vla.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos