Heerlike Karringmelk Hoender

Oond 190 gr C. Geur 6 hoenderborsies, ontbeen, en platter gekap. Gooi in plat bak: 1 k karringmelk, 1 groot eier, sout en hoender speserye en 2 E soet chilliesous. Klits met vurk deur. Meng in  ander plat bak; halwe k meel, halwe k fyngerolde post toasties, sout en peper en kwart t rooipeper. Doop hoender porsies in melk mengsel en dan in meelmengsel. Bak bruin in vlak olie in pan en plaas in oondbak in oond en bak vir verdere 30 minute.   Bedien met groente en kapok aartappels.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos