Herderspastei

Kook 6 aartappels sag, geskil en in stukkies gesny. Druk fyn en roer 1 E botter en halwe koppie melk by. Plaas eenkant.   Oond 180 gr C.   Braai 3 medium uie, gekap, 1 t fyn knoffel, gekapte greenpepper tot sag. Roer 700 gr maalvleis by en roer tot gaar.  Roer 2 E koekmeel by. Voeg ook 2 k wortelblokkies en 2 blikke tamaties by. meng goed deur. Gooi 1 k hoenderaftreksel [ 1 hoenderblokkie, opgelos in 1 k warm water]  1 t suiker en sout en peper by.  Laat saggies kook vir 1 uur. Roer 2 k gevriesde ertjies by. Bedek met fyn aartappels. Trek patrone met vurk  op aartappels en stip met klontjies botter.   Bak tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos