Tot Sy eer.
Search

Hertzoggies

Deeg:  Sif 2 k koekmeel, 2 t bakpoeier en 2 ml sout. Voeg 30 ml suiker by.  Vryf 125 ml margarine in. Klits 3 groot eiergele en 1 E water. Maak deeg aan.   Rol deeg dun uit en druk ronde sirkels af, groter as kollewyntjiepan se bakkie. Spuit kollewyntjiepannetjies goed en sit deeg-sirkel in elke holte.  Skep 1 t appelkooskonfyt op deeg en skep 1 tafellepel vol van vlg vulsel oor.   Klappervulsel:  Klits 5 eierwitte styf en voeg 250 ml suiker by en 2 ml sout.  Roer 3 k klapper by.  Skep oor konfyt in degie.  Bak tot goudbruin by 180 gr C.   Haal versigtig uit en koel af.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos