Hertzoggies

Deeg:  Voeg saam in mengbak: 450 ml koekmeel, 35 ml suiker, 10 ml bakpoeier en 2 ml sout.  Vryf 125 gr sagte margarine in.  Maak deeg aan met 3 eiergele en 15 ml koue water. Meng tot sagte hanteerbare deeg. Laat ‘n rukkie eenkant staan.  Oond: 180 gr C.  Smeer holtes van kolwyntjiepanne.  Rol deeg dun uit.  Druk groot sirkels uit en voer holtes daarmee uit.   Skep ‘n t vol fyn appelkooskonfyr in elke holte en bedek met vlg klapper-mengsel.  Klappermengsel: Klits 3 eierwitte styf, voeg 300 ml suiker geleidelik by en ook 1 t vanillageursel.. Klits baie goed.  Roer 500 ml fyn klapper by. Skep op konfyt en bak vir 29-25 minute. Laat effe afkoel en haal versigtig uit pan. Plaas op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos