Hertzoggies

Deeg: Vryf 150 gr harde botter in 500 ml bruismeel en kwart t sout, tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Meng 1 eiergeel met 75 ml koue water en maak sagte deeg aan. Sit deeg in plastieksakkie en hou in yskas vir 30 minute. Stel oond op 200 gr C. Rol deeg uit en druk rondesirkels af. Sit in holtes van gesmeerde kollewyntjie pannetjies. Skep 1 t appelkooskonfyt in holtes en bedek met vlg klappermengsel.
Klappermengsel: Klits 5 ekstragroot eierwitte tot styf en voeg 250 ml strooisuiker en knippie sout by, klits tot styf en blink. sprinkel ook halwe t bakpoeier by terwyl jy klits. Roer 750 ml fyn klapper by eierwit en skep bo-oor konfyt. Bak 20 minute tot goudbruin en gaar. Jy kan ook framboos, aarbei of pruimkonfyt gebrui.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos