Heuningkoek Lekker (honeycomb)

Meng 375 ml suiker en 125 ml gouestroop in dikboomkastrol. Verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer 30 ml margarine by en roer tot suiker gesmelt is. Kook saggies, onbedek, tot borrels begin verbruin. Haal van stoof af. Sprinkel 5 ml koeksoda oor en roer tot gemeng.  Mengsel sal skuim.  Giet skuimende mengsel dadelik in gevoerde gesmeerde pan. Laat afkoel tot lou. Merk in blokkies. Laat heeltemal koud word en breek in blokkies…   Smelt sjokolade en druk stukkies daarin as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos