Hoender en Bonepot

Braai 8 hoenderstukke en bietjie olie, [in ysterpot wat in oond kan gaan], tot goudbruin aan alkante. Sprinkel 2 gekapte uie, 2 gekapte soetrissies, 2 wortels, in stukkies gesny, oor hoender.  Sprinkel 2 t paprika bo-oor en 1 t sout.   Gooi 1 k warm hoenderaftreksel oor. Bedek pot en plaas in voorverhitte oond, 180 gr C, vir 1 uur.   Haal uit oond en plaas op medium warm stoofplaat.  Roer 1 blik botterbone, dreineer, by en 1 blik mieliepitte, dreineer, opsioneel.  Kook deur en bedien met wit rys.  As nodig, verdik sous met bietjie Bisto- souspoeier.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos