Tot Sy eer.
Search

Hoender en Spinasie Quiche

Oond 180 gr C. Verkrummel 1 pak cream crackers. Roer 2 E gesmelte margarine by en voer diep oondbak uit met krummels. Ook langs die kante.   Vulsel: Snipper 2 gaar hoenderborsies en sprei onder-in bak. Braai 1 klein uitjie, opgekap en 2 handevol babaspinasie. Plaas bo-op hoender. Meng 500 ml melk met 1 pakkie hoender-room soppoeier, klits 3 eiers by. Sprinkel 1 k gerasperde cheddarkaas bo-oor hoender en spinasie en gooi soppoeier-mengsel bo-oor. Bak 45-50 minute tot goudbruin. Bedien met ligte slaai vir ete.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos