Tot Sy eer.
Search

Hoender in grondboontjiebotter sous

Bedien 4 – 6

Bestandele:

60ml (4T) melk

60ml (4T) growwe stukkies grondboontjiebotter

20ml (4T) olie

4 hoenderfilette, wat in repies gesny is

sout

1 groen peper, in repies gesny

Metode:

Maak die melk warm en voeg grondboontjiebotter by. Klits tot goed gemeng. Gooi sout oor hoenderrepies. Verhit die olie in `n braaipan en braai die repies tot byna gaar. Gooi helfte van die grondboontjiebotter sous by en prut vir so +- 5 minute. Voeg groen peper by en kook vir +- 2 minute. Roer die res van die grondboontjiebotter sous by en kook vir 6 minute of totdat die sous begin kook. Bedien met rys vir `n heerlike aandete.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos