Hoender in Krummelkors

Oond 180 gr C.   Meng saam vir kors: 500 ml sagte broodkrummels, 1/4 ui fyn gekap, 2 t gekapte vars pietersielie of 1 t gedroogde pietersielie,2 ml droë gemengde kruie, 2 fyn gekapte knoffelhuisies en 250 ml fyn gerasperde cheddar kaas.   Geur 10 rou hoenderstukke met hoenderspesserye en rol elke stuk in kors-mengsel. Smeer ‘n bakskottel met bietjie olyfolie en pak hoenderstukke daar-in.  Bedek met tinfoelie en bak 1 uur tot hoender gaar is. Verwyder foelie en bak vir 15 minute tot goudbruin en bros. Bedien met kapokaartappels, ertjies en sampioensous.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos