Tot Sy eer.
Search

Hoender met lemoensous

Meng halwe k koekmeel, 2 E gerasperde lemoenskil, 1 t sout en halwe t paprika saam in plat bak. Rol 10 hoenderstukke daarin en braai hoender in 2 E kookolie olie tot ligbruin. Bedek en kook saggies vir 45 minute tot gaar. Haal hoender uit kastrol en pak op opdien bord. Roer orige meelmengsel in braaivet en roer deur. Roer 1 blik Ideal melk by en roer tot sous verdik. Proe, en voeg nog sout by as nie sout genoeg. Voeg dan 1 k lemoensap by en kook deur. Gooi sous oor hoender en dien op met rys en groente van jou keuse.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos