Hoender Noedelslaai

Kook 4 ontbeende hoenderborsies in water met hoenderblokkie en baie hoenderspesserye in, tot gaar.  Skep uit en koel af. Kook 1 k rou noedels tot gaar en dreineer.  Vlok hoender en voeg by noedels. Sprinkel 1/2 k sultanas by, 2 selderystingels, en blokkies. greenpepper in stukkies gekap en 1 klein gekapte ui. Klein blikkie gedreineerde perske of pynappelstukkies.   Maak sous: 30 ml kookolie, 30 ml asyn, 2 ml sout, 2 ml mosterdpoeier, 3 ml medium kerriepoeier, 30 ml blatjang en 50 ml mayonaies.  Meng saam en gooi oor noedels. Roer deur. Plaas paar ure in yskas voor gebruik. As slaai te drooi is, roer nog bietjie blatjang en mayonaise by.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos